Hoogtepunte – Julie 2021
1 09:30 UITVERKOPING VAN CD’s & DVD’s IN KAFETERIA.
2 09:30 VERKOPE : Lillibet Nienaber klere
5 09:00 KLEREVERSTELLINGS: Onthou om afspraak by ontvangs te maak.
15:00 MELKKOSVERKOPE Feedem : Betaal by Feedem in saal. R12 vir 500ml.
Bring eie houer asseblief.
7 09:30 SENTRUMKOMITEEVERGADERING
15:00 VETKOEKVERKOPE
Kaartjies by kassier : R10 plein / R20 gevul.
8 09:00 BLOEDDRUKKLINIEK
12 09:00 Voetekliniek
09:00 Keurkomiteevergadering
10:00 Finansiële komiteevergadering
11:00 Dagbestuursvergadering
15:00 MELKKOSVERKOPE Feedem : Betaal by Feedem in eetkamer. R12 vir 500ml. Bringe eie houer asseblief.
13 12:30 Personeelvergadering
14 09:00 Veiligheidskomiteevergadering
15:00 WOEKER WOENSDAG
19 15:00 MELKKOSVERKOPE Feedem : Betaal by Feedem in saal. R12 vir 500ml. Bringe eie houer asseblief.
20 09:00 Alida’s Klereverkope
21 15:00 WOEKER WOENSDAG
22 09:00 BLOEDDRUKKLINIEK
26 15:00 MELKKOSVERKOPE: Betaal by Feedem in eetkamer.
R12 vir 500ml. Bring eie houer asseblief.
28 09:00 Geboue- en Terreinkomiteevergadering
09:00 PANNEKOEKVERKOPING Bestel by ontvangs
29 09:00 VERKOPE : Ilze serpe en handsakke
31 GROOT WOEKERVERKOPING –Inhoud ‘n verrassing
Hoogtepunte – Augustus 2021
2 09:00 Villas Hartklopvergadering
15:00 MELKKOSVERKOPE: Betaal by Feedem in eetkamer.
R12 vir 500ml. Bring eie houer asseblief.
3 09:30 Sentrumkomiteevergadering
4 15:00 Vis en Skyfies – R50 : Kaartjies by kassier
5 09:00 BLOEDDRUKKLINIEK
6 09:00 VERKOPE : Lillibet Nienaber klere
11 09:00 Beheerraadsvergadering
15:00 WOEKER WOENSDAG
12 09:00 Koskomiteevergadering
16 09:00 Voetekliniek
09:00 KLEREVERSTELLINGS: Onthou om afspraak by ontvangs te maak.
10:00 Finansiële komiteevergadering
11:00 Dagbestuursvergadering
15:00 MELKKOSVERKOPE: Betaal by Feedem in saal.
17 12:30 Personeelvergadering
18 09:00 PANNEKOEKVERKOPING Bestel by ontvangs
15:00 WOEKER WOENSDAG
19 09:00 BLOEDDRUKKLINIEK
23 15:00 MELKKOSVERKOPE: Betaal by Feedem in saal.
R12 vir 500ml. Bring eie houer asseblief.
24 09:00 Alida’s Klereverkoping
09:00 Geboue- en Terreinkomiteevergadering
25 11:00 Jaarvergadering as vlakke van Covid dit toelaat.
15:00 WOEKER WOENSDAG
27 19:00 8 Misses Croon optrede en wynveiling as vlakke
van Covid dit toelaat.
30 15:00 MELKKOSVERKOPE: Betaal by Feedem in saal.
R12 vir 500ml. Bring eie houer asseblief.
31 09:00 VERKOPE : Ilze serpe en handsakke
Beste inwoners, lede
Ons is midde in die winter en na meer as ’n jaar is die pandemie nog steeds by ons. Die virusgoggatjie hardloop teen ’n hoë spoed die hele wêreld vol. Hy kan natuurlik nie sonder mense nie en hoe meer ons rond beweeg, hoe meer het die virus kans om te versprei. Onthou…… familie het ook kieme. Vermy dus asseblief drukkies en soentjies van kleinkinders en kinders. Probeer u bes om ingeënt te word sodat ons as ’n groep, kudde immuniteit kan opbou. Met baie genade en hulp van al ons lede met hul bydraes, het ons finansies die boekjaar van 2020/2021 oorleef en kon ons ook ons reserwefondse aanvul. In hierdie jaar het ons dieselfde uitdagings as vroeër met ons fondswer-wingsprojekte. Ons “ Villas blom vir die Here projek” loop nog steeds. (Die een met die blommetjies van R5 en R50 op ’n blad) Ondersteun ons asseblief.
As dit koud is, is ’n mens mos ekstra honger. Daarom gaan ons nou Maandagmiddae lekker warm melkkos met kaneelsuiker maak. Waar aangedui gaan daar Woensdagmiddae verskillende soorte kossoorte te koop wees. Dit sal woeker Woensdag genoem word en u kan sommer in die eetkamer by Feedem betaal.
Weens die beperking van 50 persone per byeenkoms, is daar nie spesiale aktiwiteite op die program nie, behalwe “8 Misses Croon” se optrede wat ons moes verskuif!
Bly gesond, kyk mooi na uself en onthou oefening, sonlig, ’n gebalanseerde dieet en vitamines ter aanvulling, is die wenresep en natuurlik moet u nog steeds u masker dra.
Sentrumgroete
Elize van der Westhuizen
Bestuurder Chrismar Villas